Iran: Twee jaar tronkstraf vir Christen-bekeerlinge

Leila Mohammadi, 'n Christen-bekeerling uit Islam, is deur 'n revolusionêre hof in Iran tot 2 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat sy 5 maande in die berugte Evin-gevangenis deurgebring het, volgens Iranse nuusdienste. Sy is die eerste keer in Julie 2011 in hegtenis geneem toe die polisie op haar huis, oos van Teheran, toegeslaan en op haar besittings beslag gelê het. Sy is op borgtog van $150 000 van 74 dae eensame aanhouding vrygelaat. Tydens haar verhoor op 18 Januarie is sy aangekla van 'samewerking met buitelandse-afhanklike groepe, breë anti-Islamitiese propaganda, die misleiding van burgers deur die stigting van wat 'n huiskerk genoem word, die belediging van heilige figure en optrede teen nasionale veiligheid.' Sy is egter vrygespreek van 'samewerking met buitelandse afhanklike groepe' omdat die regter beslis het dat sy dit onopsetlik gedoen het. Byna alle aktiwiteite wat verband hou met Christenskap in die land is onwettig. Verlede jaar is meer as 200 Christene in Iran gearresteer en aangehou. Bid vir die vrylating en beskerming van alle Iranse Christene in die tronk en bid veral vir Leila se vrylating.

Bid: dat God Leila in hierdie moeilike tyd sal versterk en haar in staat sal stel om vas te staan in haar geloof. (Ps.3:8)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2012/s12010160.htm