Iran: 33 Christene nog in die tronk

Elam Ministries het 'n akkurate verslag saamgestel wat die bekende gevalle van vervolging oor die afgelope ses maande uiteensit en vra ons om dit te gebruik om in te tree en ook om die nuus van die toenemende vervolging in Iran te help versprei om meer gebed en bewustheid te genereer. Dit is seker dat ten minste 202 Christene arbitrêr gearresteer is in 24 stede in Iran sedert Junie 2010. Drie-en-dertig bly vandag in die tronk. Dit het gebeur teen die agtergrond van regeringsamptenare wat hulle in die openbaar teen Christene uitspreek. Elam het sommige van hierdie stellings vertaal en in 'n verslag ingesluit. Klik asseblief die meer-knoppie hieronder en deel hierdie verslag met mense wat jy ken wat kan intree en die woord kan versprei. Na die vlaag van arrestasies en onderdrukkende maatreëls teen nuwe Christene verlede maand in Teheran, sien Gebedswaarskuwing 02-2011 en 03-2011, dui verdere nuus aan dat die veiligheidspolisie in Isfahan vier nuwe Christene gearresteer het.

Bid: dat die vervolging van Iranse Christene nie meer weggesteek sal word nie en dat 'n vlaag van voorbidding namens Iran sal opstaan. (Ps.89:21-23)

Meer: http://www.elam.com/Editor/assets/Recent%20arrests%20in%20Iran%20-%20briefing%20document%20final.pdf