Iran/Sirië: Waarskuwings van VSA en Golfstate

Die Verenigde State en Saoedi-Arabië het 'n verenigde front aan Iran en Sirië aangebied. Hulle het Iran gewaarsku dat geduld oor beweerde kernambisies min raak en president Bashar al-Assad gewaarsku dat hulle steun aan rebelle sal versterk tensy hy bedank. Terwyl John Kerry Maandag in Saoedi-Arabië was, het hy gesê: 'Die geleentheidsvenster vir 'n diplomatieke oplossing kan nie per definisie onbepaald oop bly nie. Daar is tyd om die Iranse kwessie op te los, mits die Iraniërs bereid is om ernstig oor voorstelle betrokke te raak. Samesprekings sal nie voortgaan ter wille van samesprekings nie en kan nie 'n instrument vir vertraging word nie - wat die situasie gevaarliker maak.' Die Saoedi-minister van buitelandse sake, wie se land kommer deel met ander Arabiese Golfstate oor toenemende Iraanse aggressiwiteit in die streek, het ingestem. Kerry en Saud het ook op 'n gesamentlike nuuskonferensie aan verslaggewers gesê dat al-Assad alle aanspraak verloor het om Sirië se wettige leier te wees.

Bid: dat meer gedoen sal word om die 'slagting van onskuldiges' en onetiese kernambisies uit te skakel.(2Sa.22:3).

Meer: http://www.aljazeera.com/news/middleeast/2013/03/201334122024169854.html