INSIG-ARTIKEL: Saoedi-Arabië: Hajj-bewusmakingsveldtog aan die gang

Hierdie jaar val Hajj op 14 tot 17 November. Die Hajj (of pelgrimstog na Mekka) is een van die vyf pilare van die Islamitiese godsdiens. Moslems van regoor die wêreld stroom na Mekka om rituele uit te voer en glo die Hajj reinig hulle van alle sondes. As Christene sal ons nooit Moslems veroordeel om skoon van sonde te wil wees nie, en deur op die inligting knoppie hieronder te klik en hierdie week INSIG's te gebruik in die 4 dae van Hajj kan ons ingeligte voorbidding vir Moslem soekers na God tree. Sien ook 'n Hajj-video van 5 minute by: http://www.youtube.com/watch?v=zUofxXeT3VM Die Saoedi-regering se voorbereidings vir die pelgrimstog sluit in dat amptenare vyf uur per dag spandeer om 'n boodskap van Hajj-bewustheid te versprei oor veiligheidsuitdagings op die pelgrimstog roete. As Christene kan ons ook voorberei vir die Hajj en bid dat God se Heilige Gees soekers by elke aansluiting van hul pelgrimsroete sal ontmoet.

Bid: vir 1,4 miljard Moslems wêreldwyd om die opgestane Here te sien en dat die 3 miljoen pelgrims fisies veilig sal wees teen stormvloede en 'Mekka-griep'-siekte. (Luk.24:45)

Meer: http://www.prayer-alert.net/info/Hajj2010a.pdf