Indië: Oorstromings

Elke somer maak honderdduisende toegewyde Hindoes die Char Dham Yatra-pelgrimstog na vier tempeldorpe in Uttarakhand, en keer terug voordat die moessonreën in Julie begin. Vanjaar het vroeë moessonreën, die swaarste in 80 jaar, hele dorpies in Uttarakhand weggevee saam met duisende pelgrims. Die weermag het 100 000 gestrande mense ontruim. Die lugmag is besig met soek-en-reddingsoperasies met 45 helikopters – maar slegte weer het vordering belemmer. Hulle kon nie na die tempeldorp Badrinath vlieg waar 5 000 pelgrims gered moet word nie. Amptenare het gesê hulle moet dringend by die geaffekteerde gebiede uitkom – die tyd raak min vir oorlewendes. Duisende het geen skuiling, vars water of kos nie. Lugmaghoof NAK Browne het Woensdagoggend Uttarakhand besoek om die moraal van vlieëniers 'n dag nadat 'n reddingshelikopter naby 'n pelgrimsoord neergestort het, 'n hupstoot te gee. Meer as 800 het tot dusver in die vloede gesterf.

Bid: vir die duisende wat nog redding nodig het uit afgeleë berggebiede, vir die kinders, bejaardes en kwesbares wat die grootste gevaar loop. (Neh.9:17b & Ps.86:15)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-asia-india-23058651