Indië: Ekstremiste wat Christelike groepe binnedring

Die Katolieke Sekulêre Forum (CSF) het berig dat Islamitiese en Hindoe-ekstremiste in Indië hulself as Christene voordoen en kerke en Christelike NRO's binnedring om inligting oor hulle te bekom om dit aan radikale groepe deur te gee. Die CSF is ook bekommerd dat die neiging om foto's van Christelike vieringe op die internet en op sosiale netwerk-webwerwe te plaas Christene 'n groter risiko plaas. Pastoor Khanna is onlangs in hegtenis geneem nadat 'n video op YouTube verskyn het wat wys hoe hy Kashmiri Moslem-mans doop. Alhoewel Christene in die meeste dele van Indië godsdiensvryheid geniet, is daar sakke in die land, veral Orissa, waar Christene deur radikale geteiken word.

Bid: dat inligting oor Christene wat op die internet beskikbaar is nie gebruik sal word om geweld te genereer nie.

Meer: http://www.christiantoday.com/article/extremists.infiltrating.christian.groups.in.india/29138.htm