Twee gemeenskappe wat deur Gospel for Asia-ondersteunde sendelinge bedien word, kan gesloop word weens verwarring oor wie die grond besit. Kerkgeboue, honderde huise en mediese klinieke in Noordwes-Indië is met uitsettingskennisgewings bedien om in April uit te trek omdat 'hul huise en kerkgeboue gebou is op grond wat werklik aan die regering behoort'. Die meeste van die mense woon al 30 jaar daar. In een gebied is die inwoners arm dagloners en 'n paar staatsamptenare. Nog 'n gebied is die tuiste van middelklas-onderwysers, mediese beroepslui, ingenieurs en sakemanne. Inwoners voer aan dat hulle die grond wettiglik by 'n stamgroep gekoop het wat gedeeltes daarvan verkoop het voordat die staat geskep is. 'n Soortgelyke situasie het onlangs elders voorgekom wat gelei het tot die sloping van verskeie huise en 'n kerk.
Bid: vir God se ingryping en beskerming vir die gelowiges, hulle huise, plekke van aanbidding en werk. (Spr.2:6-8)
Meer http://www.gfa.org/news/articles/churches-homes-disputed-land-face-demolition/