Christene het beskerming gesoek vir 'n kerk in die staat Madhya Pradesh nadat 'n anonieme brief gedreig het om dit te ontplof as die Dove World Outreach Centre in Florida voortgaan met sy plan om Korans op 11 September te verbrand ter viering van die negende herdenking van terreuraanvalle in die Verenigde State. Die brief wat op 31 Augustus geplaas is, het gedreig om die Kerk van Noord-Indië se Bethlehem-kerk in Bhopal, die hoofstad van die staat, te ontplof. Die kerk se pastoor ds Sanjay Solomon het aan ucanews.com gesê die brief sal die kerk 'verantwoordelik' hou as 'n Koran verbrand word. Die kerkowerhede het die polisie 'onmiddellik genader' vir beskerming. Aartsbiskop Leo Cornelio van Bhopal het gesê hy het reeds Moslem-leiers in die stad ontmoet kort nadat media vroeg verlede maand die eerste keer oor die Koran-brandplan berig het. Die aartsbiskop het gesê dat Christelike groepe die plan veroordeel omdat die verbranding van 'n Heilige Boek ''n ernstige misdaad is wat nie vergewe kan word nie.'
Bid: teen sulke optrede wat gedoen word in die naam van Christus, die Vredevors. (Luk.10:19)
Meer: http://www.cathnewsindia.com/2010/09/08/church-threatened-over-qur%E2%80%99an-burning/