Indië: Christene speel dood om te oorleef

Twee evangeliste het gesê dat hulle 'n aanval in Madhya Pradesh op 20 Julie oorleef het deur dood te speel toe ses Hindoe-ekstremiste hulle omsingel en ernstig geslaan het. Die aanvallers het Mahindra Kharoley 20 en die 30-jarige Munshi Prasaad Bahey van 'gedwonge bekering' beskuldig. Die twee evangeliste het huis toe gery na 'n biduur 25 kilometer (15 myl) weg toe die aanvallers op motorfietse met hul gesigte bedek hulle omstreeks 22:00 aangeval het. Die aanvallers het nie gewag dat hulle op die aanklagte van gedwonge bekering reageer voordat hulle hulle begin slaan en skop nie. "Ons het roerloos gelê en gemaak asof ons dood is om hul woede te ontsnap nadat hulle ons sowat 20 minute geslaan het," het Bahey bygevoeg, "as ons dit nie gedoen het nie, sou hulle ons doodgemaak het." Een van die aanvallers het 'n ander by die naam genoem en gesê: 'Mahesh, hou op om hulle te slaan, hulle is reeds dood, kom ons kom hier weg.'

Bid: dat alle verborge en korrupte aktiwiteite in Hindoe-fundamentalisme vernietig en vervang word deur 'n wydverspreide Christelike herlewing. (Hand.2:17,21)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/india/23231/