Indië: Christene vermoor omdat hulle Bybel gelees het

'n Plaaslike sendeling het berig: 'Vermeende Islamitiese militante het op 31 Januarie twee Christentieners vermoor omdat hulle die Bybel in die betwiste Kasjmir-vallei gelees het. Die gebied lê tussen Indië en Moslem Pakistan.' Daar word geglo die meisies is geskiet deur drie vegters van Lashkar-e-Taiba, 'n Pakistan-gebaseerde Islamitiese militante 'terroriste'-groep. Hulle Bybellees was deel van 'n ondergrondse huiskerkbediening, een van vele projekte van die sendinggroep Salem Voice Ministries (SVM), wat evangelisasie en hulpverlening onder Moslems en Hindoes in Indië ondersteun, insluitend ondergrondse huiskerke in Moslem-meerderheid Kasjmir. Lashkar-e-Taiba, of die 'Leër van die Regverdiges' poog om 'n Islamitiese staat in Suid-Asië in te voer en om Moslems in Indiër-beheerde Kasjmir te 'bevry'. Indië het die groep geïdentifiseer as meesterbreine agter die 2008 Moembaai-terreuraanval wat 166 mense doodgemaak het. Sedert die moorde is plaaslike gelowiges in totale vrees, maar hulle sal voortgaan om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig.

Bid: vir 'n kragtige salwing van alles wat nodig is om God se doel met hul werk in die area te vervul. (Deut.31:12)

Meer: http://www.bosnewslife.com/15296-militants-kill-christian-teenagers-for-reading-bible-missionary-says