Haïti: Terugslae vir herboupogings

Eerste Minister Garry Conille het bedank en bestaande heropboukontrakte sal nagekom word – maar geen nuwe kontrakte kan onderteken word nie. Slegs 'n klein deel van internasionale skenkergeld vir Aardbewingslagoffers in Haïti het na die regering gegaan, grootliks as gevolg van korrupsie en onregverdigheid; daarom woon 300 000 mense steeds in tentstede in Port-au-Prince. Daar was 'n perverse aansporing vir sommige om in tente te bly as gevolg van die hoë vlak van openbare dienste wat deur internasionale NRO's verskaf word. Hierdie agentskappe verskaf basiese sanitasie-, gesondheids- en onderwysdienste in die kampe, maar hulle is nie ingestel om infrastruktuur vir 'n groot stad te herbou nie. Die verskaffing van openbare sanitasie is byvoorbeeld die rol van die regering. Christian Aid het bepleit dat internasionale skenkers se befondsing direk na die Haïtiaanse regering moet gaan en korrupsie kan besweer word deur noukeurige monitering.'

Bid: vir politieke stabiliteit en onderskeidingsvermoë, vir wyse regeringsbestuur en verspreiding van skenkerfondse. (Jes.34:22)

Meer: http://www.guardian.co.uk/global-development/poverty-matters/2012/mar/13/haiti-constitutional-crisis-setback-rebuilding-efforts