Haïti: Een jaar later

Een jaar na die aardbewing wat Haïti verwoes het, het die massiewe hulppoging nog nie stabiliteit in die land gebring nie, aangesien cholera, verkragting en wanhoop posgevat het. Sowat $11 miljard (£7 miljard) se hulp is oor die volgende 10 jaar aan die land belowe, maar baie van daardie geld moet nog inkom ná kommer oor regeringskorrupsie en voortslepende onluste ná November se betwiste verkiesing. In die middel van Port-au-Prince lê die presidensiële paleis steeds in puin. Wat 'n groot, groen oop ruimte net anderkant die paleisterrein was, is niks anders as 'n see van tente nie. Na al hierdie tyd staan die hope klippe, hout en verminkte metaal wat eens huise en kantore was, steeds in die strate. Berge daarvan vroetel tussen die huise wat gespaar is, soos vrot tande. Vir baie lê die skuld stewig voor die deur van die geraamde 4 000 internasionale hulpagentskappe wat in die land werksaam is.

Bid: dat die befondsing wat deur verskeie nasies en agentskappe belowe word, vrygestel word. (Sag.7:9)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-12113844