Gaza: Konvooi van humanitêre hulp

Agt vragskepe met meer as 10 000 MT boumateriaal, mediese toerusting, medisyne, magnetiese resonansbeelding (MRI) masjiene, nie beskikbaar in Gasa nie, CT-skandeerders, X-straal- en nierdialisemasjiene sal op 27 Mei na die Gazastrook vaar. 'n simboliese poging deur aktiviste om die drie jaar lange Israeliese blokkade te verbreek. Talle kleiner vaartuie wat passasiers van 140 nasies vervoer is deel van die 'flotilla' wat op 28 Mei in Gazastad sal probeer vasmeer. Passasiers sluit in 50 parlementêre lede van die EU en Arabiese nasies, en Israeliese Knesset-lid Hanin Zoabi. Woordvoerder van die Israeliese ministerie van buitelandse sake het die vloot beskryf as 'n 'publisiteitsfoefie' en bygevoeg 'Internasionale hulporganisasies en die private sektor van Gasa verseker dat al die nodige voedsel, medisyne en klere via Israel aan die Strook verskaf word.'

Bid: dat God sy beskerming oor die behoeftiges sal versprei en genadig sal wees oor diegene wat onreg ly. (Ps.9:8-9) Meer: http://www.irinnews.org/Report.aspx?ReportId=89255