Israel se minister van buitelandse sake het Palestyne gewaarsku teen planne om volgende jaar onafhanklikheid te verklaar en gesê die stap kan Israel aanspoor om dele van die Wesoewer te annekseer en vorige vredesooreenkomste nietig te verklaar. Sy opmerkings het gemik op 'n Palestynse beleid wat uit die stilstaande Amerikaanse vredesonderhandelinge kom. sien Verlede Vrydag het Israeliese oorlogsvliegtuie, wat gereageer het op Palestynse grensaanvalle, die Gaza-strook gebombardeer wat daartoe gelei het dat twee kinders in die hospitaal opgeneem is. Die kinders van Gasa het baie ellende om mee te kampe terwyl hulle probeer om herinneringe van die oorlog agter hulle te sit. Baie van Gasa is steeds hope sand en puin. Die winterreën het lekkasies en vloede vir gesinshuise meegebring en die blokkades veroorsaak baie tekorte aan benodigdhede. Tans is daar 'n tekort aan kookgas. Kragonderbrekings is ook alledaags wat dit vir kinders baie moeilik maak om snags te studeer. Die kinders sit vas in Gaza met min hoop op die vryheid wat ons as vanselfsprekend aanvaar.
Bid: dat die kinders van Gasa 'n toekoms en 'n hoop sal hê; bid ook vir die Palestynse Christene dat al hulle gebede kragtig beantwoord sal word. (Ps.69:32-33,36)
Meer: http://www.channel4.com/programmes/dispatches/articles/children-of-gaza-filmmakers-feature