Fidji: Metodistekerk-konferensie

Verlede September het ons gebid dat die Fidji Metodiste Kerk toestemming sal kry om vanjaar hul jaarlikse konferensie te hou nadat dit vir die vierde agtereenvolgende jaar gekanselleer is. In 2012 het die regering toestemming verleen om die konferensie te hou indien sekere riglyne gevolg word. Dit behoort nie saam te val met die nasionale Hibiskusfees in Augustus nie en dit moet nie langer as drie dae duur nie dit kan van 8vm tot 8nm elke dag slegs van Woensdag tot Vrydag plaasvind en moet by die Eeufeeskerkperseel gehou word. Dit mag net kerklike sake bespreek en nie politieke kwessies nie. Aktiwiteite wat tradisioneel die konferensie vergesel het, insluitend koorkompetisie en inligtingstalletjies, is ook verbied. Die Kerk is deur die polisie gewaarsku dat 'ernstige stappe' geneem sal word indien die bepalings van die permit oortree word.

Bid: dat hierdie stap vorentoe die pad terug na demokrasie sal oopmaak, bid ook vir die beskerming van elke spreker en afgevaardigde voor, tydens en na die konferensie. (Ps.5:11)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/methodist.church.in.fiji.given.permission.to.meet/30039.htm