Die jaarlikse konferensie van Fidji se Metodistekerk, wat op 23 Augustus sou begin, is vir die derde agtereenvolgende jaar deur Fidji se militêre regering gekanselleer nadat kerkleiers 'n regeringsvoorskrif om uit hul posisies te bedank, verontagsaam het. Fidji se landmagbevelvoerder, kolonel Mosese Tikoitoga, het ook opdrag gegee dat geen predikant van die Metodistekerk toegelaat word om die land te verlaat nie, en het permitte ingevolge die Openbare Noodregulasie vir alle amptelike Metodistekerkvergaderings verbied. Daar is kommer dat die verbod tot die ineenstorting van die Metodiste kerkadministrasie sal lei en befondsing ernstig sal beïnvloed. Michael King, Wêreldkerkverhoudingspanleier vir die Metodistekerk in Brittanje, het gesê die verbod is 'n 'massiewe terugslag' in kerk/staat-verhoudinge, aangesien dit gelyk het of verhoudings verbeter het en die politieke situasie verlig het.
Bid: dat die verhoudings tussen kerk en staat verbeter sal word en dat God die deure van versoening en begrip sal oopmaak. (2Kor.5:11)