Egipte: Onsekere toekoms wat voorlê

Christene is vermoor, kerke aangeval en verbrand en die tussentydse militêre regering en polisie is nie bereid om in te gryp nie. Woensdag is 200 mense beseer toe die polisie traangas op duisende afgevuur het, gefrustreerd deur die stadige pas van verandering sedert die rewolusie. Sien: 'n Sterk Moslem-broederskap bereik selfs die kleinste dorpies. Burgers word gewaarsku om nie vir 'n sekulêre staat in September-verkiesings te stem nie, en Islamitiese heerskappy onder sharia word voorgehou as die 'ware antwoord op vryheid' vir Egiptenare. Ten spyte hiervan praat Christene met vrymoedigheid oor Christus en is hulle besig met politiek. 'n Nuwe belangstelling in Christenskap en die Bybel is duidelik op TV-geselsprogramme en Christelike webwerwe. Christene tree in vir hul grond by spesiale gebedsbyeenkomste met 'n groeiende vertroue dat God in beheer is. Egipte se Christene maak 10% van die bevolking uit – die grootste Christelike gemeenskap in Noord-Afrika en die Midde-Ooste.

Bid : dat terwyl Egipte by hierdie kruispad staan, God die harte van haar leiers sal bewaar, en dat die Christelike gemeenskap Sy vrede sal ken. (Fil.4:6-7)

Meer: http://www.opendoorsuk.org/htmlemail/epa.pdf