Egipte: Die Moslem Broederskap

Ten spyte van die belofte om nie 'n kandidaat in die komende presidensiële verkiesing te steun nie, het die Moslem-Broederskap Khairat al-Shater op 31 Maart genomineer en gesê die parlementêre verkiesings wat deur Islamiete oorheers is "dui daarop dat die Egiptiese volk 'n Islamitiese staat ondersteun." Al-Shater is 'n miljoenêr sakeman wat die afgelope maande die Broederskap se ekonomiese beleid ontwikkel het en die Internasionale Monetêre Fonds-span ontmoet het. Hy het ook die organisasie verteenwoordig in vergaderings met ambassadeurs, besoekende buitelandse amptenare en internasionale beleggers. Waarnemers meen Shater het 'n baie goeie kans om die verkiesing te wen. Prayer Alert het egter onlangs van 'n betroubare bron verneem dat twee senior lede van die Broederskap besig is om Christenskap te verken.

Bid: dat die Here leiers van Sy keuse in Egipte sal oprig, en manne en vroue van integriteit en nederigheid om tot die amp verkies te word. (Da. 2:21)

Meer: http://www.pbs.org/newshour/bb/world/jan-june12/egypt2_04-03.html