Egipte: Versoek gebed

Midde-Ooste Kommer-verslag, 'Die Hoogste Staatsveiligheidsvervolging het regstappe begin teen drie-en-twintig Salafi-Moslems wat aangekla word van terrorisme, moord met voorbedagte rade, vandalisme van openbare en private eiendom en die intimidering van burgers. Die regering het ook aangekondig dat hy dit oorweeg om kerkgeboue wat onder president Mubarak gesluit is, te heropen. Sestien is reeds vir heropening goedgekeur en drie het geopen. Meer heropeninge word volgende week verwag, mits die owerhede tevrede is dat voldoende veiligheidsmaatreëls in plek is. Vrees vir sektariese voorvalle was een van die redes waarom kerke gesluit is. Egiptiese Christene bedank ons vir ons gebede en versoek voortgesette voorbidding:- dat owerhede verpligtinge sal nakom om plegers van sektariese geweld voor die gereg te bring; heropende kerkgeboue sal goed gebruik word; verdere heropenings sal vreedsaam geskied; sekuriteitsmaatreëls voldoende sal wees; die bedroefdes sal die troos van Jesus ken, gewondes en getraumatiseerdes sal die genesende aanraking van Jesus ken.

Bid: dat Kerkleiers die Gees se bekwaamheid sal ken wanneer hulle hul gemeentes pastoor en met gemeenskapsleiers omgaan. (Jes.41:18)

Meer: http://www.meconcern.org/cgi-bin/giga.cgi?c=1489