Egipte: Presidensiële stembusverbod op kandidate

Tien kandidate wat aansoek gedoen het om aan die Egiptiese presidentsverkiesing deel te neem, word gediskwalifiseer. Hulle sluit in die voormalige spioenhoof Omar Suleiman, die Moslem-broederskap-leier Khairat al-Shater en die ultrakonserwatiewe Salafist, Hazem Abu Ismail. Die drie is as voorlopers beskou. Die BBC se korrespondent in Kaïro sê die besluit hervorm die verkiesing. ’n Finale lys van kandidate sal op 26 April, wanneer die verkiesingsveldtog amptelik begin, gepubliseer word. Hou asseblief aan om te bid vir God se uitverkore volk om Egipte na Sy doel te lei. Ander sal waarskynlik na die voorpunt van die wedloop beweeg, insluitend die voormalige hoof van die Arabiese Liga, Amr Moussa, en 'n onafhanklike Islamis wat weggebreek het van die Moslem Broederskap, Abdel Moneim Aboul Fotouh. Sommige betogers het reeds buite die verkiesingskommissie bymekaargekom om teen die besluit te betoog, wat spanning tussen Islamiete en die regerende militêre raad kan verhoog. Die eerste stemronde is vir 23 en 24 Mei geskeduleer.

Bid: Egiptenare mag God se wysheid ken terwyl hulle volgende maand stem en dat God deur die resultate verheerlik sal word. (Spr.14:28)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-middle-east-17748256