Egipte: Morsi-ondersteuners val Christene aan

Twaalf uur nadat die weermag Mohamed Morsi en sy kabinet uit die kantoor geskors het, het verslae vanaf verspreide plekke regoor Egipte begin oor aanvalle op Christene deur Morsi-ondersteuners. Woedend oor wat hulle as 'n staatsgreep beskou het. hardnekkige Moslems het Christelike huise, besigheids- en kerkgeboue aangeval as deel van landwye betogings wat op 'n 'Vrydag van woede' uitloop. Vrydagmiddag het die nasionale polisie kerkleiers in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir nommerplaatnommers van verskeie motors wat volgens informante terroriste met plofstof gepak het en op pad was na kerke in Kaïro en die omliggende gebied op soek na teikens. Christene regoor die land is onseker oor hul toekoms. Is die afgelope week se geweld die begin van 'n burgeroorlog waarin hulle geteiken sou word soos die Christene in Sirië geteiken word? Intussen het die leier van die Kopties-Ortodokse Kerk in Brittanje drie dae van gebed aangekondig vir Egipte se minderheid Koptiese Christene. Sien http://www.bosnewslife.com/29427-egypt-christians-pray-after-massacre-amid-concerns-over-nations-future

Bid: vir beskerming vir diegene wat vasgevang is in die verwarring en geweld in Egipte, bid dat die onrus van korte duur sal wees en vinnig oor 'n werkbare regering en grondwet ooreengekom sal word. Mag dit 'n ware oomblik van geleentheid wees vir Christene om die evangelie van vrede met diegene rondom hulle te deel. (Ps.4:6-8)

Meer: http://au.christiantoday.com/article/morsi-supporters-attack-christian-targets-in-egypt-after-removal-of-president/15684.htm