Release International het gevra vir 'n maand van gebed vir Christene in nasies wat vasgevang is in die Arabiese Lente - veral in Egipte waar vervolging na die presidensiële verkiesing blyk te groei en Christene hulself gereed maak vir toenemende vervolging. Release berig: 'Dit is 'n uiters belangrike tyd vir Christene in die Midde-Ooste en Noord-Afrika, aangesien hul lande seismiese verskuiwings in hul politieke strukture ondergaan. Geharde Islamitiese groepe maak beduidende inbreuk op die politieke proses. Alhoewel daar groot geleenthede is vir Christene om by te dra tot die ontwikkeling van hul samelewings, het hulle ons gebede vir beskerming en wysheid nodig soos nog nooit tevore nie.' Release het 'n gebedsgids opgestel wat gebed dwarsdeur Mei fokus op Egipte, Libië, Sirië, Marokko, Jemen, Tunisië en Bahrein. Sien:
Bid: vir die 100 000 Christene wat Egipte verlaat het sedert verlede jaar se opstand. Bid dat hierdie uittog sal stop. Bid dat die wat oorbly 'n nuwe openbaring van God as hul rots en redding sal hê (Ps.62:2).