Egipte se demokratiese eksperiment is op 'n kantelpunt en president Obama probeer Egipte se bitter verdeelde antagoniste tot kompromie met beperkte invloed aanspoor. Ongewilde president Morsi is demokraties verkies, maar moet 'n werkbare ooreenkoms met Egipte se weermag aangaan sonder om miljoene betogende Egiptenare te vervreem. Egipte se grootte en leidende posisie in die Arabiese wêreld beteken dat sy politieke koers regdeur die streek gevoel sal word, waar die Verenigde State reeds sukkel om Islamitiese militante en sektariese twis te stuit. Die Withuis is nie verlief op Morsi, 'n Moslem-broederskap-leier wat volgens hom versuim het om 'n inklusiewe, effektiewe regering te vorm nie. Obama het Morsi nie by die Withuis gehuisves nie, en amptenare het verlede jaar 'n besoek deur die Egiptiese leier gekanselleer nadat 'n video opgeduik het waarin Morsi Israeli's as 'afstammelinge van ape en varke' beskryf. Vir INSIGTE in die wortels van Egipte se geweld, die Moslem Broederskap se verbintenis tot 'n verenigde gemeenskap van Islamitiese nasies en wêreldheerskappy, gaan asseblief na: http://site.prayer-alert.net/index.php?option=com_docman&task=doc_download&gid= 448&Itemid=93
Bid: dat God vrede, versoening en vryheid na Egipte sal bring. Bid ook vir 'n nuwe grondwet wat gelykheid van burgerskap en godsdiensvryheid sal bevorder. Mag Egipte eendag bekend staan as 'n hawe van verdraagsaamheid vir almal.
Meer : http://uk.reuters.com/article/2013/07/03/uk-usa-egypt-analysis-idUKBRE96203E20130703