Egipte: Weermaghoof waarsku teen 'staatsineenstorting' te midde van krisis

Egipte se weermaghoof het gewaarsku dat die huidige politieke krisis 'kan lei tot 'n ineenstorting van die staat'. Generaal Abdul Fattah al-Sisi het in kommentaar wat op die weermag se Facebook-blad geplaas is, gesê so 'n ineenstorting kan 'toekomstige geslagte bedreig'. Hy het sy verklaring gemaak ná 'n groot militêre ontplooiing in drie stede langs die Suez-kanaal waar 'n noodtoestand afgekondig is. Meer as 50 mense is dood in dae van betogings en geweld. In reaksie hierop het president Mohammed Morsi 'n beplande Europese reis kortgeknip. Maandagaand het duisende mense in Port Said, Ismailyah en Suez - waar van die ergste onrus was - 'n nagtydperk wat deur mnr Morsi ingestel is, geïgnoreer en die strate ingevaar. Duisende was Dinsdag weer op die strate van Port Said vir die jongste begrafnisse van die vermoordes, met rouklaers wat gevra het vir die ondergang van die president. Hierdie Vrydag is twee jaar sedert die eerste brand van die Egiptiese rewolusie op 25 Januarie.

Bid: dat die geprojekteerde onrus vir hierdie naweek nie sal plaasvind nie en dat verdere onrus ophou.

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-middle-east-21241753