Egipte se militêre vervolging het twee Egiptiese aktiviste ontbied vir ondervraging oor die weermag se aanval op 'n meestal Christelike betoging twee weke gelede. Dit is nog 'n aanduiding dat die weermag sondebokke soek vir die geweld wat soveel as 28 mense doodgemaak het. Die twee aktiviste, Alaa Abd El Fattah en Bahaa Saber, moes Dinsdag 25ste by die militêre aanklaer se hoofkwartier verskyn omdat hulle na bewering geweld aangehits het, maar hul dagvaarding is uitgestel tot hierdie Sondag, nadat mnr. Abd El Fattah teruggekeer het van 'n oorsese reis.
Bid: dat Egipte se weermag verantwoordelikheid sal neem of verantwoordelik sal hou vir die troepe wat omgery en vreedsame Christenbetogers geskiet het. (Jes.32:16-17)
Meer: http://www.alaskadispatch.com/article/anti-christian-violence-provokes-egyptian-military