Die negatiewe en verdagte siening van Afghani's teenoor Christelike aktiwiteite het veroorsaak dat Christelike groepe en individue, insluitend Christene met 'n Islamitiese agtergrond, in hierdie oorloggeteisterde land geteiken word. Volgens 'n storie deur die Iranse Christelike nuusagentskap Mohabat News, het Christelike evangelisasie in die afgelope 10 jaar 'n sensitiewe en ingewikkelde kwessie geword. Moslems teiken Christene elke dag. Hulle gebruik die Islamitiese Sharia-wet om Christene van godslastering aan te kla. Die groeikoers van die Christendom in Afghanistan het veroorsaak dat Afghaanse Moslem-geestelikes dit as 'n bedreiging beskou. Ook volgens berigte deur nuusdienste het Afghaanse Moslem-geestelikes die land se regering teen die verspreiding van die Christendom gewaarsku. Mohabat News het gesê die Islamitiese Raad van Afghanistan, bestaande uit Islamitiese kweekskoolstudente en geestelikes van regoor die land, het 'n beroep op Hamid Karzai gedoen om die aantal hulpwerkers en Christelike sendelinge wat na Afghanistan kom te beperk, want hulle kan veroorsaak dat Afghane tot die Christendom bekeer .
Bid: vir Moslem-bekeerlinge dat hulle beskerm sal word teen diegene wat godslastering teen hulle wil verkondig. (Ps.40:11)