Die dag ná sy ordening verlede Saterdag het biskop Thaddeus Ma Daqin bedank en toe op geheimsinnige wyse verdwyn. Sy mede-biskoppe sê hy het verdwyn en dit is nie bekend of hy wegkruip of iets meer sinisters is nie. Die owerhede arMexico-bende val Christelike jeugkamp woedend aan weens 'n toespraak wat hy gemaak het ná sy ordening en 'n vriend het gesê hy is in 'n gedwonge tyd van besinning. Chinese Katolieke tel tussen 8-12 miljoen, en is verdeel tussen 'n staatsgesanksioneerde kerk wat biskoppe aangestel het sonder die goedkeuring van die Vatikaan en 'n 'ondergrondse' vleuel wat lankal versigtig is om met die Kommunistiese Party-bestuurde kerk te assosieer. (sien PA 2012-28)
Bid: vir Ma se vrylating, en mag God hierdie situasie gebruik om die behoefte aan positiewe verandering in China se houding teenoor Christenskap aan die Weste uit te lig.
Meer: http://www.msnbc.msn.com/id/48132012/ns/world_news-asia_pacific/