China se stelsel van arbeidskampe, wat in die 1950's gestig is, word al dekades lank gebruik om 'dissidente' vir tot drie jaar sonder verhoor in die tronk te sit. Christelike pastore en lede van ongeregistreerde huiskerke is in die verlede met min of geen verhoor tot hierdie kampe gevonnis. Een so 'n pastoor was die adjunkdirekteur van die Chinese Huiskerk Alliansie wat ses maande daar in 2011 deurgebring het. Op 8 Januarie 2013 het regeringskritici gesê hulle bly skepties dat die regering standaarde binne die regstelsel sal verbeter, na aanleiding van 'n amptelike aankondiging op die 7de dat arbeidskampe opgeknap sou word. 'n Ondergrondse Katolieke Biskop wat anoniem aangehaal wil word, het gesê: 'Die einde van heropvoeding deur arbeid sal min verskil maak aan godsdiensvryheid in China.
Bid: dat hierdie stap na godsdiensvryheid in China die eerste van vele in dieselfde rigting sal wees. (Jer.34:17a )