Kameroen: Nigerië se Boko Haram slaan weer in Kameroen toe

In November het die Nigeriese president Goodluck Jonathan 'n beroep gedoen op Kameroen se steun in die bekamping van Boko Haram. Die twee lande deel 'n grens van 1600 km wat strek van die Atlantiese Oseaan in die suide tot die Tsjadmeer in die noorde. Toe op 15-17 November het 'n aantal voorvalle langs die grens plaasgevind. Plaaslike bronne wat deur World Watch Monitor gekontak is, sê dosyne eiendomme, insluitend die Ewy-kerk in Tourou (in Kameroen) is aangeval terwyl ten minste een kerk aan die Nigeriese kant van Ashigashia aan die brand gesteek en vernietig is. Minstens vier mense is dood en baie ander gewond en na gesondheidsentrums oorgeplaas. Ondanks die versterking van veiligheidsmagte in die gebied, vrees dorpenaars voortgesette aanvalle van Islamitiese militante uit Nigerië wat nou Kameroen as hul tweede tuiste beskou. Noord-Kameroen is 'n uitgestrekte semi-woestyngebied wat bestaan uit drie provinsies (Adamawa, Noord en Verre Noord), begrens deur Nigerië in die Weste, Tsjad aan die Noordooste en Sentraal-Afrikaanse Republiek in die Weste.

Bid: vir regerings om die verspreiding van terrorisme strategies te beperk. (Jer.8:15)

Meer: http://www.worldwatchmonitor.org/