Kameroen: Christen-bekeerlinge word bedreig deur Islamiete

Die handgeskrewe dreigement van 'n groep wat homself as Boko Haram identifiseer, is vroeër vandeesmaand onder die deur van 'n kerkleier se huis geplaas. Dit het 'n beroep op alle Christen-bekeerlinge gedoen om na Islam terug te keer of die toorn van die god van Islam in die gesig te staar. ’n Paar dae later het twee mans met tulband een aand per motorfiets by die kerkleier se huis opgedaag terwyl hy weg was. Een het die huis binnegegaan en die man se vrou en kinders beveel om met sy gesig na onder op die grond te gaan lê. Hy het gevra waar die kerkleier is en toe die huis deursoek. Die inbreker het vir die vrou gesê om vir haar man te sê dat hulle hom sal kry, maak nie saak waar hy wegkruip nie. Ná hierdie ontstellende voorval het die gesin uit die dorp gevlug, en die ander bekeerlinge het gaan wegkruip. Nog ’n Christenleier, wat kerkleiers probeer inlig het oor die militante se dreigement, is ook in die nag sy huis deursoek.

Bid : dat God Sy arms van beskerming oor Sy mense sal versterk en uitbrei en hulle vyande sal verwar. (Ps.5:11)

Meer: http://www.barnabasfund.org/UK/News/News-analysis/Christian-converts-in-Cameroon-under-threat-from-militant-Islamists.html