Azerbeidjan: Baptisteleiers beboet vir aanbidding

Die leiers van twee klein Baptiste-kerke in die noordweste van Azerbeidjan is swaar boetes opgelê vir die hou van eredienste – en met selfs strenger strawwe gedreig tensy hulle ophou. Tydens 'n verhoor op Goeie Vrydag het regters pastore Zaur Balayev en Hamid Shabanov elk met 1 500 AZN (£ 1 270) beboet. Die gemiddelde loon in Azerbeidjan is £200 per maand. Volgens aartsbiskop Malkhaz Songulashvili van die Evangelical Baptist Church of Georgia, word die twee pastore al meer as 15 jaar lank vervolg. Hulle is ook gewaarsku dat indien hulle nie aan die hof se besluit gehoor gee nie, hulle óf beboet sal word vir 'n groter bedrag óf gearresteer sal word. Aartsbiskop Malkhaz het gesê beperkings op godsdiensvryheid kan 'buite beheer' raak tensy die hofbeslissing deur internasionale organisasies betwis word. Pastoor Hamid is in November vlugtig aangehou toe die polisie op 'n kerkvergadering by sy huis toegeslaan het (Prayer Alert, 9 November). Die twee pastore beplan om teen die hofbeslissing te appelleer.

Bid : dat God die vervolgde kerk sal versterk (Ps.23:4) Mag Hy kerkleiers en internasionale organisasies verenig om godsdiensvryheid in Azerbeidjan te bewerkstellig. (Ps.23:3)

Meer: http://www.releaseinternational.org/pages/posts/azerbaijan-baptist-leaders-fined-for-worshipping-1101.php