'n Christengemeente in Azerbeidjan wag peinsend om te sien of 'n regter 'n hofbevel sal handhaaf wat sy reg om te vergader verbied en die kerk kan 'likwideer'. 'Hulle is ontsteld, maar terselfdertyd gaan hulle voort met die hoop op die beste,' sê Mechti Suleymanov, 'n ouderling by die Greater Grace Church in Baku, Azerbaijan, wat al sowat 20 jaar vergader. Regter Tahira Asadova van Baku se Administratiewe Ekonomiese Hof het op 25 April beveel dat die Greater Grace Church 'gelikwideer' moet word nadat die Staatskomitee vir Werk met Godsdiensorganisasies (SCWRO) 'n saak daarteen ingedien het omdat hy nie by die komitee geregistreer het nie. Die likwidasie het alle aktiwiteite van die kerk onwettig gemaak. Die kerk het op 24 Mei teen die besluit geappelleer en wag vir nog 'n uitspraak, geskeduleer vir 17 Julie, van 'n regter by die Baku-appèlhof.
Bid : vir die kerk in Baku dat die Appèlhof sy gedagtes oor likwidasie sal omkeer. (Spr.29:26)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/easterneuropeandeurasia/article_1610756.html