Australië: Monsterlike bosbrande

Weens rekordtemperature, hoë winde en droogte, sukkel die Australiese eilandstaat Tasmanië met groot bosbrande wat duisende gestrand en honderde ander dakloos gelaat het. Nou beweeg die rekordbrekende hittegolf deur ander dele van Australië en amptenare vrees die ergste. Vierhonderd sewe en dertig brandweerwaens en meer as 1000 brandbestryders veg teen 137 afsonderlike brande in Nieu-Suid-Wallis. Dit is van die ergste brandtoestande in die geskiedenis van die staat met brande wat nie onder beheer is nie. Brande is ook naby die Suid-Australiese grens en 'n brand naby Suidwes Victoria kan weens sterk wind verdubbel. Indien wel, sou die brand onbeheerbaar wees. Terwyl plaaslike inwoners hulle gereed maak vir wat nog gaan kom, werk humanitêre organisasies 24 uur per dag om diegene wat deur die ramp geraak is, te verlig.

Bid : vir die honderde wat hul huise verloor het en uit die brande gevlug het, vir diegene wat tot dusver nie in staat is om 'verlore' familielede in die rampgebiede te kontak nie. En bid vir die hard onderdrukte brandbestryders.

Meer: http://presstv.com/detail/2013/01/08/282518/fire-risk-threatens-australian-state/