Arabiese Lente: Een jaar later

Dit is 'n jaar sedert die begin van die Arabiese Lente wat onderdrukkende regerings omvergewerp het, die landskap van die Midde-Ooste en Noord-Afrika vir altyd verander het en skokgolwe regoor die wêreld gestuur het. Ongelukkig vir die Christen-bevolking wat reeds minder is in Moslem-gedomineerde lande soos Egipte, Libië en Tunisië, is die toekoms onduidelik. Sal 2012 meer vervolging en marginalisering of groter vryheid tot aanbidding bring? Volgens Geopende Deure VSA is die tekens tot dusver nie bemoedigend nie. Baie beskou die beweging as 'n oorwinning vir demokrasie, maar binne die Arabiese Lente is daar kommerwekkende voorvalle teen Christene, selfs dié in lande wat nog nie deur die revolusionêre golf bereik is nie. Die model van demokrasie wat ontvou kan lei tot die wet van gepeupelheerskappy, waar Islamiete regerings beheer, minderheidsgelowe selfs van polisiebeskerming uitsluit, en Christene wat voortdurend in skrik leef van die boodskap, 'Hier is geen plek vir Christene nie'

Bid: teen die toenemende geweld teenoor Christene en Christelike instellings, en vir God se genade om 'n regverdige uitkoms vir die Arabiese Lente te bring. (Jer.29:11)

Meer: http://www.opendoorsusa.org/pray/prayer-updates/2011/December/Arab-Spring-One-Year-Later