Amerika: Tucson-tragedie

Geloofsleiers doen 'n beroep op gebed en 'sielsondersoek' in die nasleep van die skietery op die Amerikaanse politikus Gabrielle Giffords en 19 ander in Tucson Arizona. Die evangeliese leier Franklin Graham het woorde van medelye en bemoediging gegee aan diegene wat geruk is deur die bisarre voorval wat ses mense dood en meer as 'n dosyn mense gewond gelaat het. Hy het die aanval as 'aaklig' veroordeel en vir God gebid om diegene wat persoonlik deur die gebeurtenis geraak is, te vertroos. Arizona Biskop Minerva G. Carcano het gevra vir genesingsgebede vir die 14 beseerdes, hul gesinne en gemeenskapslede van al die slagoffers. Sommige wys die vinger na konserwatiewes en trek deelnemers saam vir haatspraak in die politieke spektrum. Ander beskuldig die Tea Party-leier, Sarah Palin, wat in 'n Desember-peiling as die top-godsdienstige nuusmaker uit ses ander keuses aangewys is, al beweer sy nie dat sy 'n Christen is nie. Sien:

Bid: vir die vryheid van spraak wat leiers het om verantwoordelik en genadiglik gebruik te word sonder foute of trots. (2Pt.3:17-18)

Meer: http://www.christianpost.com/article/20110110/franklin-graham-offers-condolences-to-victims-of-tucson-tragedy/