Amerika: Beplande 'mega moskee' by Ground Zero

'n Betoging het verlede Sondag duisende na Ground Zero getrek teen die bou van 'n 15-verdieping Islamitiese fasiliteit wat beskryf word as ''n Sentrum van leer, kuns en kultuur gelei deur Islamitiese waardes in hul ware vorm.' Teenstanders van die projek sê die bou van 'n Islamitiese sentrum so naby aan Ground Zero sal aanstootlik wees vir die slagoffers van die 9/11-aanval. 'n New Yorkse gemeenskapsraad het met 29-1 gestem ten gunste van planne om die sentrum te bou. Die enigste manier om die projek te stop sou wees om die 152 jaar oue gebou op die terrein Landmark Preservation Status te gee, wat die betogers probeer doen. Die Sentrum is 'n samewerking tussen die American Society for Muslim Advancement en die Cordoba-inisiatief – albei gestig deur Imam Feisal Abdul Rauf, wat in 'n moskee twaalf blokke van Ground Zero af preek. Hy is in Koeweit gebore en het in Engeland opgevoed.

Bid: dat die Heilige Gees die harte en verstande van diegene wat die landmerkbewaringstatus vir die gebou oorweeg, sal lei en die area sal baai in die waarheid van Jesus Christus. (Kol.1:9b & 13)

Meer: http://www.christianpost.com/article/20100607/thousands-rally-against-ground-zero-mega-mosque/index.html