In 2010 is twee Algerynse Christene hof toe geneem omdat hulle die Ramadan-vas in die openbaar verbreek het, hoewel hulle later vrygespreek is. Vandeesweek het 200 mense saam geëet by 'n openbare middagete in die dorp Tizi Ouzou - in protes teen die 'vervolging van nie-vinners en kruipende Islamisering' in Noord-Algerië. Een betoger met die naam Malik het gesê dat sommige Christene onlangs stil in 'n kafeteria gesit het (wat regdeur Ramadan gedurende die dag oop is) toe die polisie gekom het en die name van almal wat daar was afgeneem het. Die polisie het die kafee se eienaar gevra om by die polisiestasie aan te meld. en van sy regsdokumente beslag gelê. Nog 'n piekniek is gelyktydig in die dorp Aokas in die naburige Béjaïa-provinsie gehou, wat meer as 100 mense gelok het. Die piekniek het veroorsaak dat 'n aantal plaaslike Islamitiese verenigings verontwaardiging uitgespreek het en 'n beroep op die staat gedoen het om die betrokkenes te straf. In Algerië, waar Islam die staatsgodsdiens is, is die verbreking van die Ramadan-vas deur Moslems in die openbaar strafbaar met boetes en gevangenisstraf, maar diegene wat geteister word, is Christene.
Bid: dat die waardes van verdraagsaamheid en respek in Christelike/Moslem-verhoudings sal wees, veral gedurende die maand van Ramadan. (IMt.7:12)