Algerië: Kerke skend gewaarborgde vryheid

Terwyl baie mense wat in die Midde-Oosterse en Noord-Afrikaanse lande woon, onrus ondergaan, ervaar veral een groep uiterste verandering vir die erger: Christene. Dit is veral waar vir Algerynse Christene. Algerië het die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte in 1989 bekragtig. Artikel 18 van hierdie verbond waarborg vryheid van godsdiens
en geloof vir alle mense sonder diskriminasie. Verder waarborg die grondwet van Algerië fundamentele vryhede en menseregte aan alle Algerynse burgers. Ten spyte van hierdie waarborge is Mustapha Krim, die president van die Protestantse Kerk van Algerië (EPA), deur die polisie ingelig dat alle nie-Moslem plekke van aanbidding in die Béjaïa-provinsie gesluit sal word. Algerynse owerhede het hul besluit om die kerke te sluit, gebaseer op die diskriminerende Ordonnansie 06-03, wat nie-Moslem-aanbidding reguleer. Benewens hierdie aanval op die Christelike gemeenskap.

Bid: vir die owerhede wat die wet teen die kerk gebruik en bid dat regverdige wette sal seëvier. (2Kr.11:14b)

Meer: http://www.opendoorsusa.org/press/press-release/2011/08-August/Closing-Algerian-Churches-Violates-Guaranteed-Freedom