Afghanistan: Onderhandelinge met opstandelinge

Hamid Karzai het gesê hy sal die veiligheid van die Taliban-leier, Mullah Mohammed Omar, waarborg as hy besluit om samesprekings te voer. Omar (van die Hotak-stam) het die land regeer tot 2001. Die VSA het 'n multimiljoen dollar-beloning vir sy gevangeneming aangebied. Die stam van president Karzai is die Popalzai en terwyl hy die bekendste Popalzai in Afghanistan is, word Abdul Ghani Baradar as die sleutel tot Afghanistan se toekoms beskou. Baradar was Minister van Verdediging in die Taliban-regering voor 2001. Die verhouding tussen die twee Popalzai-mans strek baie terug. Popalzais is meer lojaal aan hul eie stam as aan die regime in Kaboel of die Taliban – stamkontakte is belangriker as ideologie. Voor sy aanhouding in Pakistan het Mullah Baradar gepoog om vredesonderhandelinge tussen Kaboel se administrasie en die Taliban se binnekring van leiers te bewerkstellig. Mullah Baradar is tans op 'n lys van Taliban-gevangenes waarvan die Pakistanse regering praat om vry te laat vir 'n mate van invloed in ruil daarvoor.

Bid: dat God se wil sal geskied te midde van alles wat gebeur en dat dit vrede vir die streek tot gevolg sal hê. (Mat.6:10)

Meer: http://www.theguardian.com/world/2008/nov/17/afghanistan-taliban