Afghanistan: LP sê 'stel Afghaanse Christenbekeerlinge tereg'!

’n Lid van Afganistan se parlement het voorgestel dat almal wat van Islam tot Christenskap bekeer het, volgens die Islamitiese Sharia-wet tereggestel moet word om die vinnige groei van Christenskap onder Afghane binne en buite die land te stuit, berig Mohabbat News. ’n Afghaanse nuusdiens, Ava, het ’n verslag gepubliseer wat sê dat die aantal Christene in die land toeneem. Die Afghaanse nuusdiens het Nazir Ahmad Hanafi, Afghaanse parlementslid, aangehaal wat gesê het: 'Afghaanse burgers gaan voort om in Indië tot die Christendom te bekeer. Talle Afghane het Christene in Indië geword. Dit is 'n oortreding van Islamitiese wette en volgens die Koran moet hulle tereggestel word'. Vroeër het 'n ander lid van Afghanistan se parlement erken dat 'n Afghaanse kerk in Indië gebou is. Hy het gesê: ''n Kerk is in Indië gebou genaamd Afghani's Church. Enige Afghanis se burger wat na Indië reis, sal amptelik na die kerk genooi word.

Bid: vir die beskerming van diegene wat kies om Jesus te volg. (Ps.5:11)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue20961.html