Kerke sien 'ongelooflike resultate' in uitreik

Jon Burns, Britse direkteur van More Than Gold, het gesê ander nasies het 'regte juwele' uit hul Londen-ervaring opgetel. Ontelbare kerke het die Spele as geleenthede gebruik om gemeenskappe te dien. Een kerk in die East End het 'n vakansieklub aangebied wat propvol Moslem-kinders was, en ouers het gesê hulle wil hê hul kinders moet 'hierdie goed hoor'. Mnr. Burns het kruiskerklike groepe geprys vir hul samewerking en die voorbeelde gegee van vyf kerke in Gerrards Cross, Buckinghamshire wat skares van 6 500 gelok het om die openingsaand op groot skerms te kyk. Vrywilligers het op 'n 'verkeerslig'-stelsel geopereer - werk in 'n LOCOG of 'rooi area', hulle het bloot die gemeenskap gedien - werk in 'n kerk area 'groen area' het hulle openlik oor hul geloof gepraat.

Bid: dat die Christelike nalatenskap van eenheid sal voortduur lank nadat die Olimpiese en Paralimpiese Spele klaar is. Bid ook vir nog meer sukses namate kerke opbou na die Paralimpiese grootskerm- en vakansieklubgeleenthede. (Joh.17:20)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/churches.see.incredible.results.in.outreach/30463.htm