Weymouth se Bayside-fees vir die Olimpiese Spele is in likwidasie gegaan. Maar kerke van die omgewing help geskokte stalletjiehouers en veiligheidspersoneel. Feesorganiseerders het Vrydag hul hekke gesluit en blameer vir swak bywoning. Ds Anni Douglas, koördineerder van Weymouth en Portland kerke Refresh 2012 het gesê: 'Ons het ons vrywilligers om die terrein gestuur om te sien hoe mense voel, na hulle luister en verversings verskaf. Hulle het dit baie waardeer en ons het goeie reaksie gehad,” het sy bygevoeg. Refresh 2012, wat deur die plaaslike kerke opgestel is om aktiwiteite, jeuggeleenthede en uitstallings by die Olimpiese seilterrein te verskaf, is ook deur die sluiting getref. Refresh 2012 het aangebied om Vrydag met die feesorganiseerders Mainsail Bpk en die stadsraad te vergader om die geleentheid te probeer red. Maar hul aanbod om 'n leër van 300 plaaslike kerkvrywilligers te mobiliseer om die terrein te bestuur en aan die gang te hou, het op dowe ore geval.
Bid: dat die Christene in Weymouth steeds in staat sal wees om die gemeenskap te dien met aanbiedinge van God se liefde. (1Pet.4:10)