Godsdiens is grootliks irrelevant vir die meeste jongmense wat eerder staatmaak op 'n 'sekulêre drie-eenheid' van hulself, hul familie en hul vriende om betekenis aan hul lewens te gee, beweer 'n nuwe boek. Die studie wat deur die Church of England gepubliseer is, kom tot die gevolgtrekking dat mense wat na 1982 gebore is - bekend as 'Generation Y' - slegs 'n 'vervaagde kulturele geheue' van die Christendom het. Vir baie jongmense strek godsdiensbeoefening nie verder as om tydens krisisoomblikke in hul slaapkamers te bid op 'n 'need to believe-basis' nie. Minder as een uit elke vyf jongmense glo in 'n God 'wat die wêreld geskep het en my gebede verhoor', en tieners was meer geneig om te glo in die 'lekker' dele van godsdienstige leerstellings as dié oor die duiwel en straf. "Dit is ongetwyfeld so dat die Christelike geheue baie flou is en in baie opsigte is Generasie Y 'n grootliks onverhaalde en geheuelose generasie," het die studie gesê.
Bid: vir uitreik na jongmense om vir hulle die ware Evangelieboodskap te gee. (Ro.1:17)