Jongmense het nie vaardighede vir werkplek nie

Nick Hurd, die Minister vir Burgerlike Samelewing, glo jongmense kry nie werk nie omdat hulle nie die selfvertroue, selfbeheersing en 'grit' wat in die werkplek nodig is nie. Sy opmerkings kom namate die aantal 16-24-jariges wat nie werk nie, tot meer as een miljoen gestyg het, wat ook onthul het, byna die helfte het nog nooit gewerk nie. Mnr Hurd, seun van die voormalige minister van buitelandse sake, Douglas Hurd, het gesê dat 'n aantal jongmense sonder werk sit omdat skole net op onderwys konsentreer en die sosiale vaardighede waarna werkgewers soek, ignoreer. Hy het gesê iets gaan fout by skole wat beteken dat leerlinge nie uitgerek word nie en uitgedaag word om hulle selfvertroue te gee op 'n 'kritieke tyd in hul lewens' om hulle vir werk voor te berei. Jongste syfers toon die aantal jongmense wat nie in onderwys, werk of opleiding is nie (Neets) het tot 1,09 miljoen gestyg – met meer as 600 000 wat nog nooit werk gehad het nie.

Bid: vir jongmense wat sonder werk is dat maniere gevind sal word om hulle aan te moedig. (Rom.12:8)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/politics/10256115/Nick-Hurd-says-young-people-lack-skills-for-workplace.html