Ongewenste geskenke help haweloses

Het jy met iets beland wat jy nie hierdie Kersfees wou hê nie? Een liefdadigheidsorganisasie vra Brits om daardie onvleiende trui of soveelste borrelbadstel te skenk en die haweloses te help. Enige ongewenste Kersgeskenke wat aan Anchor geskenk word, sal verder verkoop word en 100% van die wins word vir sy werk met haweloses gebruik. Die geskenke sal deur eBay verkoop word en die opbrengs word gebruik om 'n kamer vir 'n hawelose persoon te borg. Daarbenewens kan mense hul ongewenste geskenke individueel verkoop en die bedrag aan Anchor skenk. Anchor House help duisende haweloses vanaf sy basis in Canning Town, in die oostelike Londense stadsdeel Newham, die derde mees behoeftige wyk in Engeland en Wallis. Die sentrum bied elke jaar verblyf aan tot 180 enkellopende haweloses. 'n Wye reeks geakkrediteerde beroepsopleidingskursusse word aan inwoners en die plaaslike gemeenskap aangebied in konstruksie, elektriese, loodgieterswerk en afstandsonderrig.

Bid: vir die sukses van hierdie inisiatief en dat baie gehelp sal word. (Hand.2:45)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/unwanted.gifts.help.the.homeless/29068.htm