’n Vooraanstaande onafhanklike dinkskrum het beweer dat die regering nie daarin slaag om die huwelik en die gesin voldoende te ondersteun nie. Die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid, op die been gebring deur Iain Duncan Smith, het 'n verslag gepubliseer waarin die regering se vordering in gesinsverwante beleide uiteengesit word. Die verslag gee die Regering slegs vier uit tien vir sy gesinsbeleid, en verklaar dat, 'Daar is steeds geen vaste verbintenis om aktief gesinsverbrokkeling te voorkom of erkenning van die belangrike bydrae van die huwelik tot stabiliteit nie.' Die verslag stel voor, 'sterk, stabiele gesinne is sentraal tot die verbetering van uitkomste vir ons kinders - en wat kinders die graagste wil hê, is om by albei hul ouers te woon indien moontlik. Om gesinne te versterk vereis ondersteuning van die huwelik, om mense te help om sterk verhoudings te bou en om gekoördineerde hulp vir ons mees chaotiese gesinne te verskaf. Om die kultuur te verander sodat gesinstabiliteit deur die samelewing gewaardeer word, vereis sterk regeringsleierskap en dapper besluitneming.'
Bid: vir die honderde Christelike inisiatiewe wat ouerskap en gesinne ondersteun en soortgelyke voorgestelde regeringsinisiatiewe om 'n positiewe impak op ons nasies se waardes te maak.(Heb.13:4)
Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/social/think-tank-claims-government-is-failing-families