Skotland: 95% van godsdienstige geweld is teen Christene

In 2010 en 2011 was daar 693 aanklagte wat vererger is deur godsdienstige vooroordeel in Skotland. Dit beteken 'n styging van byna 10 persent in 'n jaar en die hoogste vlak in vier jaar. 95% van hierdie geweld was teen Christene gerig. Statistieke wat vandag deur die Skotse regering gepubliseer is, verskaf nuwe besonderhede oor die omvang van godsdienstige haatmisdade regoor Skotland. Die inligting is beskikbaar gestel na aanleiding van 'n belofte wat deur die Eerste Minister gemaak is. Die data toon dat in 2010-'11 58 persent van die aanklagte verband hou met misdrywe wat neerhalend was teenoor Rooms-Katolisisme en 37 persent van die aanklagte het verband gehou met misdrywe wat neerhalend was vir Protestantisme. 2,3 persent het met Judaïsme verband gehou, en 2,1 persent met Islam. Daar was aanklagte van 'n godsdienstige verswaring in 27 van Skotland se 32 plaaslike owerhede gebiede.

Bid: vir 'n ommekeer van hierdie tendense; en dat God die hand van die vyand sal bedwing. (Spr.10:11)

Meer: http://www.intoleranceagainstchristians.eu/reports-and-documents-detail/article/scottish-government-reveals-95-of-religiously-motivated-violence-is-directed-against-christians.html