Skotland boaan wêreldkokaïengebruik

Die Skotse regering het gesê die vlakke van kokaïengebruik het gedaal namate Skotland weer die wêreldliga vir kokaïenverbruik gehaal het. Syfers wat deur die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad (UNODC) gepubliseer is, wys 3,9% van Skotse inwoners tussen 16 en 64 jaar oud het die dwelm die afgelope jaar gebruik. Dit was 'n hoër persentasie as in enige ander land en vergelyk met 2,5% vir Engeland en Wallis. Die syfers het ook getoon dat Skotland 'n koers van heroïengebruik twee keer dié van die res van die Verenigde Koninkryk het. Die VN se jaarlikse World Drug Report is in New York gepubliseer as deel van die organisasie se poging om die transnasionale aard van die dwelmhandel te verstaan, wat volgens hulle wêreldwyd aangepak moet word.

Bid: dat die owerhede hierdie probleem onder die knie sal kry. (1 Joh.2:26)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/uk-scotland-13898046