Christian Concern het hierdie Paasfees 'n nuwe veldtog geloods, wat 'n beroep op premier David Cameron doen om sy onlangse woorde van ondersteuning vir die Christelike geloof met 'n 'vaste optrede' te ondersteun. Verlede week het die Eerste Minister 'n private 'Paasfees-onthaal' by Downingstraat gehou, waar hy aan 'n byeenkoms van senior kerkleiers gesê het dat die nasie Christelike waardes nodig het en ook dat hy 'n 'terugveg' teen opkomende sekularisme ondersteun. Mnr Cameron het aan die deelnemers gesê: 'Ek dink daar is iets van 'n terugveg aan die gang, en ons moet dit verwelkom. Die waardes van die Bybel, die waardes van Christenskap is die waardes wat ons nodig het.' Kritici het egter opgemerk dat dit nie strook met die onlangse regering se voorlegging aan die Europese Hof van
Menseregte, wat die uitsprake teen vier Christene ondersteun in hul geloofsvryheid- en gewetesake wat tans voor die Europese Hof is.
Bid: vir ons Eerste Minister en sy regering dat hulle die belangrikheid van die Christelike geloof sal erken. (Tit.1:13)