Konserwatiewe LP's doen 'n beroep op David Cameron om sy same-geslag "huwelik" planne te laat vaar om die vordering van UKIP te stuit. Volgens The Times is die premier meegedeel dat hy tradisionele konserwatiewe waardes moet handhaaf om te verhoed dat kern-konserwatiewes hom vir Nigel Farage in die steek laat. Voormalige minister van verdediging, sir Gerald Howarth, het gesê dat sy kiesers 'vol tot op die agterste tande' was met die regering se versuim om sy beloftes na te kom. Hy het 'n beroep op die Eerste Minister gedoen om 'n plan aan te neem wat sou insluit dat die wetsontwerp op Huwelike (Dieselfde Geslag-pare) laat vaar word, asook om Brittanje uit die Europese Konvensie oor Menseregte te haal en 'n EU-referendum te hou. Peter Bone, die Wellingborough-LP, het gesê dat die regering voorstelle moet skrap om die huwelik te herdefinieer en oorsese hulp te sny. Hy het bygevoeg: 'dit is dinge wat konserwatiewes wil hê en dit is wat UKIP-kiesers wil hê'.
Bid: dat na die onlangse verkiesings en die druk op die Eerste Minister om dieselfde geslagswetsontwerp te laat vaar, dit in werklikheid geskrap sal word. (1Kon.8:45)